​8 manjifieke moderne motorhuise

Johannes van Graan Johannes van Graan
CASA KOPCHE, Adagio Arquitectos Adagio Arquitectos Telheiros Pedra
Loading admin actions …

‘n Motorhuis (of “garage”, soos die meeste van ons sê) is regtig ‘n luuksheid. Dink bietjie aan hoe dit jou besittings beskerm, nie net teen die elemente nie, maar ook teen diefstal. En natuurlik is dit nie net geskik vir motors en fietse nie, maar kan ook ‘n groot verskil maak in terme van jou huis se stoorspasies – as dit reg gebruik word, natuurlik.

Maar vandag wil ons nie fokus op wegstoorplekkies en klein of groot uitlegte nie, maar eerder net die prag en styl wat ‘n ordentlike motorhuis kan bied.

Vind bietjie inspirasie met hierdie agt voorbeelde van moderne motorhuise.

Gee jou moderne ontwerp ‘n hupstoot met hierdie fantastiese houtpergola (‘n ekstra parkeerplekkie!).

Hierdie ruim erf is perfek gebruik vir ‘n lieflike parkeerarea, sowel as die super moderne ontwerp van die tuin!

Hoe luuks is hierdie super stylvolle ontwerp nie? Wie’t gedink ‘n motorhuis verdien sulke sjiek glasdeure?

‘n Alledaagse styl, ja, maar kyk net hoe kan jy jou motorhuis so ‘n tikkie ekstra laat uitstaan met die regte kleure.

Aangesien ons klaar buite is, kan ons net sowel hierdie 7 Indrukwekkende pergolas vir jou tuin beloer.

Sonder ‘n motorhuisdeur, smelt hierdie spasie perfek saam met die res van die huis se ontwerp en uitleg.

Sien jy watse groot verskil die regte beligting kan maak?

Vir dié wat groot is op sport stel ons hierdie manjifieke uitleg voor!

Hierdie futuristiese ontwerp sal beslis die koppe laat draai – maar sal dit inpas by jou huis/erf se ontwerp?

Precisa de ajuda para projetar a sua casa?
Entre em contato!

Destaques da nossa revista