​11 skeepsvraghouer huise waarin jy kan woon

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify Casas modernas
Loading admin actions …

Die idee van ‘n skeepsvraghouer huis (of sommer net “houer huis”) is vinnig besig om een van die mees gesogste opsies te word wanneer dit by alternatiewe behuising kom. En hoekom nie? Hulle is modern, stylvol en bekostigbaar, om nie eers te praat van hoe baie tyd hulle bespaar in vergelyking met tradisionele boutemodes nie.

Kom ons beloer 11 voorbeelde van houer huise wat so uniek, pragtig en prakties is dat mens sommer vandag nog in hulle kan intrek!

1. Binne en buite

Danksy groot skuifdeure en ‘n ruim stoep, kan die inwoners van hierdie houer huis soveel vars lug en mooi uitsigte geniet, om nie eers te praat van hoe lekker mens buite op daardie stoepie kan kuier en onthaal nie.

2. Kies jou kleur

homify Casas modernas

Moenie vergeet dat mens skeepsvraghouer huise kan verander om by ‘n spesifieke styl of smaak te pas nie, soos die kleur!

3. Twee is beter as een

Plaas twee houer huise bo-op mekaar en wat kry jy? ‘n Lieflike balkonnetjie wat net nog meer karakter aan jou skeepsvraghouer huisie besorg!

4. Unieke uitlegte

homify Casas modernas

Smaak verskil, wat beteken een person gaan beslis meer spasie benodig as ‘n ander. En dis wat houer huise ook so lekker maak, aangesien mens hulle so kan aanpas en verander om die perfekte styl en uitleg te lewer.

5. Klein en fyn

Hierdie enetjie mag dalk klein wees, maar hy spog regtig met ‘n lekker ontwerp, danksy daardie uitstaan dakkie, helder-blou kleur en metaal afwerkings.

6. ‘n Helder gedagte

Moenie vergeet dat ander faktore soos beligting ook nog bykom nie, wat beteken jou huier huisie se blink styl hoef glad nie dowwer te word soos die son sak nie.

7. Briljante bykomstighede

Container home front street view homify Casas modernas Ferro/Aço

Natuurlik maak dit ook saak wat jy rondom jou skeepsvraghouer huis plaas, soos ‘n netjiese erf, pragtige tuin en oulike ou heinintjie!

8. In die heuwels in

As jy wil hê jou houer huis moet met ‘n heel indrukwekkende uitleg en boustyl spog (soos hierdie een wat uittuur oor ‘n heuwel), kontak gerus een van ons slim en kreatiewe profesionele hier op homify.

9. Maak dit modern

homify Casas minimalistas

Natuurlik wil nie almal spog met ‘n huis wat lyk soos ‘n ou skeepsvraghouer nie; dus, sorg dan maar vir heelwat afwerkings om die eindresultaat so sjiek en modern as moontlik te maak.

10. ‘n Helder ontwerp

homify Casas minimalistas

Danksy tamaai groot glasvensters en –deure, geniet hierdie massiewe houer huis heelwat natuurlike beligting gedurende die dag, om nie eers te praat van die pragtige landskap uitsigte nie.

11. Praktiese ontwerpe

homify Casas modernas

Jou houer huis kan net so uniek soos jy wees. Kyk bietjie watse lekker voorstoep spog hierdie ontwerp mee – dis mos nou hoe jy maak as jy meer wil fokus op kuier en/of ontspanning. 

Vir nog meer inspirasie, kyk gerus na Die beste skeepshouer huis in die hele Johannesburg.

Precisa de ajuda para projetar a sua casa?
Entre em contato!

Destaques da nossa revista