​6 klein huisies perfek vir ‘n plattelandse lewe

Johannes van Graan Johannes van Graan
CASA D&C , Diego Alcântara - Studio A108 Arquitetura e Urbanismo Diego Alcântara - Studio A108 Arquitetura e Urbanismo Casas modernas
Loading admin actions …

Nie almal van ons is gemaak om in die stad te bly nie – die verkeer, die min spasie, die besoedeling… nee wat, ‘n gemaklike lewe in die platteland is wat baie mense eerder verkies.

Dit is waarop ons vandag wil fokus: die soort huisie wat jy kan aanskaf vir jou droomlewe buite die stad. Natuurlik verskil smaak, daarom het ons 6 verskillende huisstyle gekies.

Loer gerus na ons lysie en besluit self watse klein-maar-stylvolle huis die beste by jou plattelandse lewe sal pas.

1. Modern, tog klassiek

homify Jardins de inverno modernos

Ons eerste voorbeeld vat die moderne styl nou nie te ernstig op nie, maar bly ook ver weg van ‘n rustieke ontwerp. Plus, hoe kan jy nou “nee” sê vir ‘n plattelandse huisie met sulke groot vensters en ‘n lekker stoepie?

2. Ietsie meer sjiek

Ons dink hierdie moderne huis se spierwit styl gaan hom ektra prominent maak in ‘n groen landskap. En kyk net na daardie lekker afdak stoep wat hom omhels van voor af, om nie eers te praat van die stylvolle oprit nie!

3. ‘n Rou ontwerp

Hierdie minimalistiese styl geniet ‘n hele paar elemente wat ons aan die platteland herinner, soos daardie houtmuur wat amper ‘n tamaai groot skuurdeur kon wees, asook die heerlike rou materiale en teksture (daardie baksteenmuur, betondak en sementvloer) wat soveel karakter gee!

4. Gerieflike geometriese vorms

Hierdie moderne huis se boustyl is dalk eenvoudig, maar dis beslis nie vervelig nie. Die geometriese vorms, lekker teksture en kontrasterende kleure sorg vir treffende styl.

Al wat ons sou byvoeg is ‘n lekker groot stoep aan die buitekant!

5. Heel gepas vir dorp en plaas

Net omdat jy platteland toe trek beteken dit nie jy moet ALLES in die stad of drop groet nie. Hierdie moderne huis geniet ‘n styl wat mens sommer maklik in ‘n woonbuurt sal aantref, wat ons laat dink hy sal ook heel perfek lyk buite die stad.

6. Eenvoudig, maar stylvol

homify Casas modernas Pedra

Ons sluit af met nog ‘n voorbeeld wat ons herinner dat ‘eenvoudig’ nie noodwendig ‘vervelig’ hoef te wees nie. Die kliptekstuur, houtpale van die afdak en teëlvloer stoep gee lekker styl aan hierdie ontwerp. Voeg net ‘n lekker welige tuintjie by en hierdie huisie sal perfek in die platteland aanpas! 

Dorp of plaas, maak nie saak nie, hierso is 14 klein(erige) huise om van te droom.

Precisa de ajuda para projetar a sua casa?
Entre em contato!

Destaques da nossa revista