As daar nou een ding is wat baie Suid-Afrikaners na aan die hart lê, is dit om saam met familie en vriende rondom ‘n oop vuur te kuier. Voeg ‘n stukkie vleis by, en dit verander in een van die mees sosiale geleenthede in ons land: ‘n braai!
Dus, om jou te inspireer vir jou volgende kuier aksie, asook die spasie waar dit gaan plaasvind (of dit nou die tuin, die stoep of die kombuis is), kyk bietjie na hierdie 10 lekker voorbeelde van braaiers in en rondom die huis.
Is daardie erf darem netjies genoeg vir jou volgende braai? Vir bietjie inspirasie, kyk na hierdie 8 tuine wat jou sommer gaan lus maak vir tuinmaak!